Hero Image
Frame

RACHELLE & ROUBERT

08.11.2025

Ons storie

'N REIS VAN GELOOF, LIEFDE EN GOD SE TYDSBEREKENING

Wie sou kon raai dat 'n Instagram DM, 'n koppie koffie in 'n boerseun se bakkie, en 'n gemorste slukkie net betyds, die begin van ons lewensreis saam sou wees?

Arched photo

Hoe sê hulle? ’n Boer maak ’n plan.


En dis presies wat Roubert gedoen het.


Na heelwat kreatiewe pogings van sy kant af, het ek uiteindelik vir hom ’n boodskap gestuur: “As jy nog kans sien... kom ons drink ’n koffie.”


Ek het Potchefstroom toe geskiet en hy het my met ’n Mugg & Bean-koffie by my niggie se woonstel kom oplaai. Ons het deur die dorp gery, gesels in sy bakkie en gelag soos ou vriende. Toe ons by sy woonstel stop, mors ek natuurlik in sy geliefde bakkie. Maar toe ek daardie wet wipe uithaal, het hy geweet: hierdie is my vrou.


Daai aand het ons vas gedans in sy sitkamer. En van toe af wou ons mekaar net weer en weer sien.


’n Paar weke later vat hy my plaas toe. Dit was by die 200m-merk wat Oom Nick my uitgedaag het: “As jy die pienk kolletjie raakskiet, koop ek die diamant.”


Twee skote later was dit regtig raak…


Op 5 September 2024, het Roubert my gevra om sy meisie te wees. Dit was die tweede maklikste “ja” van my lewe.


Die eerste een? Was Op 30 November 2024, met sonsondergang in die wildskamp, met ’n ring in sy hand en hy op sy knie, het hy my gevra om sy vrou te word.


En sonder twyfel het ek gesê:

“JA.”


Nou nooi ons jou om saam met ons die begin van ons altyd te vier.

RACHELLE

&

ROUBERT

saam met hul ouers, nooi u hartlik uit
na hulle huweliksbevestiging

08.11.202514:30 VIR 15:00

Bona Bona Game Lodge

N12 tussen Wolmaransstad en Klerksdorp

Kliek Hier Vir Aanwysings

Onthaal Sal Volg

Background

Soek allereers die koninkryk van God en sy geregtigheid, dan sal ek al hierdie dinge vir julle byvoeg word.

Matteus 6:33

Arched photo

INLIGTING

DRAGKODE

Semi formeel vir formeel in aardse kleure, sjampanje en swart maar geen blommotiewe


KONTANTKROEG

Daar sal 'n kontantkroeg met kaartfasiliteite beskikbaar wees


GESKENKE

U teenwoordigheid by ons troue is reeds 'n geskenk en meer as genoeg, sou u verkies om vir ons iets te gee, sal ons eerder 'n bydrae tot ons wittebrood waardeer



Bank: FNB/RMB

Account Holder: Roubert Rousseau

Account Type: FNB Aspire Current Account

Account Number: 62390773143

Branch Code: 250655

Met spyt geen kinders

Background

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen, dan sal Hy jou die regte pad laat loop.

Spreuke 3:5-6

VERBLYF

Bona Bona Game Lodge

Alle verblyf op Bona Bona se webtuiste is uitgeboek vir ons gaste. Ons gaste moet dus asseblief Bona Bona Game Lodge direk kontak om verblyf te bespreek.


+27 71 674 9969|+27 18 451 1188|info@bonabona.co.za


GROOTBOSCH WEDDING VENUE

Grootbosch Guest Farm & Venue is sowat 15km vanaf Bona Bona Game Lodge.


+27 (0)62 468 2428|info@grootbosch.co.za

MOTSWEDI GASTE PLAAS

Motswedi Gaste Plaas is sowat 58km vanaf Bona Bona Game Lodge.


+27 67 034 3549|+27 87 700 4435|info@n12motswedi.co.za
Arched photo

RSVP

RSVP asseblief teen 15 September 2025

As jy vir 'n ander gas en/of jou gesin reageer, sluit asseblief hulle almal se naam en van hier onder in. Ongelukkig geen kinders. Metgeselle slegs per uitnodiging.